Beste Wense… die PC way!!

Desember 7, 2007

Kersfees Ete

Please accept with no obligation implied or implicit, wishes for an environmentally conscious , socially responsible, low stress non-addictive gender neutral celebration of the winter/summer solstice holidays, practiced in the traditions of the secular or religious persuasion of your choice, with due respect to the religious/secular persuasions of others, or their choice to practice such traditions at all.

May you also experience  a fiscally successful, personally fulfilling and medically uncomplicated recognition of the onset of the generally accepted calendar year 2008, but not without  with due respect and of other cultures whose contributions have helped make our country great (which does not imply that it is greater than any other country), and without regard to the  race, creed, gender. colour, age, physical disabilities , religious faith or sexual preference of the wishee.

By accepting this greeting, you are accepting these terms:  This greeting is subject to clarification or withdrawal. It is freely transferable without alteration. It implies no promise by the wisher to actually implement any of the wishes for her/himself or others and is void where prohibited by law, and is revocable at the sole discretion of the wisher. Warranty for a period of one year  is limited to replacement of this wish or issuance of a new wish at the sole discretion of the wisher.

(met dank en sonder toestemming gesteel by Struwwelpeter*)

* Baie interesante storie in verband met Struwwelpeter en die geskiedenis daaragter.  Hy is van ‘n vorige, meer glorieryke, generasie.  Hy blog nie, hy skryf ‘n weeklikse kolom vir die Kempton Express.  Dankie SP!  Skuld jou ‘n whisky vir die een.

Advertisements

Baie interesante artikels gelees wat deur Die Pienk Zuit gepost is in verband met die verskillede verkiesings sisteme waarna ons in die Suid-Afrikaanse politiese konteks kan kyk.

Ek is self ‘n groot voorstander/ondersteuner van Max du Preez, maar stem ook nie altyd met al sy opinies saam nie.  Hier stem ek egter 100% met hom saam. 

Ek dink ook dat die Presidensiele Kandidaat ‘n baie beter manier is om ‘n president te kies en so kan die hele land, ongeag hulle politieke oortuigings, besluit wie hulle as die president wil he.  Ek kan aan baie beter leiers in SA dink as Zuma of Mbeki, maar ons sal nou nie die voorreg he om hulle te sien as Polokwane gaan afloop soos meeste verwag nie.  Can the true leaders in this country PLEASE stand up!!

Die Constituency System is ook nie iets nuuts in SA nie en ons het daardie sisteem ‘n hele paar jaar terug gehad (voor meeste van ons se tyd – waarom dit laat vaar is weet ek nie).  Ek glo dis die enigeste manier vorentoe aangesien die proporsienele sisteem wat ons nou het glad nie deursigtigheid en verantwoording gestand doen nie.  As elke kandidaat aan sy eie “kiesafdeling” moet verantwoording gaan doen sal ons werklik “goverment for the people” sien en nie die huidige fat cat en buddy sisteem binne die hieragie van die onderskeie partye nie.  Onder hierdie sisteem sal floor crossing ook nie ‘n probleem wees nie aangesien die constituency verkiesing sommer kort na die floor crossing gehou kan word en indien die kiesers van ‘n lid van die parlement nie gelukkig is met sy floor crossing besluit nie dan stem hulle hom onmiddelik uit.  Sal die onderskeie lede baie mooi laat dink oor hul besluite…  Naas verantwoording is dienslewering die grootste probleem en indien ‘n lid van die parlement se lot afhang van hoe hard hy vir sy mense werk in plaas van wie sy vriende/familie is of was sal ons ‘n merkbare verskil sien in die omstandighede van die mense rondom ons wat dit werklik nodig het.

Hopelik sal die constituency system in ag geneem word vir 2009.

Fear of commitment

Oktober 9, 2007

Suid-Afrikaners sukkel met ‘n “fear of commitment”.

Ons gebruik terme soos “ek is nou-nou daar” of “I’ll do it just now” wat albei beteken enige iets van 2 minute tot 3 dae.  As jy “nownow” of “just now” in die UK gebruik beteken dit basies jy doen dit onmiddelik…  Is ons laid back of kan ons net nie commit nie?

Ja, nee.  Wat beteken dit?  Stem jy saam of nie? Wat is jou opinie of is jy ‘n ewige draadsitter?

Laat my dink aan ‘n vriend van my wat so bang was vir commitment dat hy geweier het om ‘n selfoon kontrak uit te neem wat hom vir 2-jaar bind.  Die ou was ‘n top investment banker met ‘n moerse salaris en vodacom pay-as-you-go…

Johnny Wilkinson het Saterdag vir Gavin Hastings (227) verby gesteek as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis deur sy punte totaal van 222 op te skuif na 234* met sy 12 punte teen Australië. 

Na die afgelope 4 jaar se beserings het baie van ons gewonder of ons hom ooit weer sal sien speel in ‘n wêreldbeker.   Daar is nie ‘n ander speler in die wêreld wat na soveel beserings positief sou kon bly en weer kon terug kom om op internationale vlak te speel nie.  Ek kan nie dink aan enige speler wat hierdie titel as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis meer verdien as Johnny Wilkinson nie.  Hy is beslis die beste losskakel in wêreld rugby.   Ja, selfs beter as die inconsistent king Carter.

Arise, Sir Johnny Wilkinson.**

* Nie uit nie, die semi finaal en moontlike finaal lê voor en dalk is Johnny nog met ons in 2011.
** Ek weet hy is slegs ‘n MBE, maar hy verdien ‘n ridderskap.

Suzie is alive and well…

Oktober 8, 2007

and working in a hotel in Cardiff.

 For those who have forgotten Suzie can refresh their memory here: http://www.aru.rugby.com.au/news/all_blacks_poisoning_cover-up,9418.html

and for some interesting views on who to blame for their 2007 exit: http://www.keo.co.za/2007/10/08/kiwis-want-barness-blood/

Die enjinkamer van ‘n span

September 28, 2007

Ons almal weet dat ‘n goeie rugbyspan ‘n gebalanseerde span is.  Dis beter om 15 gemiddelde spelers te hê as 10 goeies en 5 slegtes aangesien jy is net so sterk soos jou swakste speler.  Kyk vir WP toe hulle amper die hele bok agterlyn gehad het!

Almal sal egter met my saamstem dat ‘n gebalanseerde span belangrik is, maar dat die regte speler in ‘n sleutel posisie die wedstryd vir jou kan wen.  Die vraag is dus watter posisie is die belangrikste in ‘n rugbyspan?  As jy na enige rugbyspan in die wêreld kyk wat suksesvol was is daar een posisie wat altyd ‘n wêreld klas speler in het, die slot.

Meeste van julle sou sê dis ‘n losskakel of  ‘n senter of dalk ‘n agsteman, maar met ‘n goeie slot in die enjinkamer van jou span kan dit nie verkeerd gaan nie aangesien jy verseker sal wees van balbesit wat aan die einde van die dag is waaroor die spel gaan.

In my opinie is Bakkies Botha tans by verre die beste slot in die wêreld gevolg deur Victor Matfield en daarom gaan ons die Wêreldbeker wen.

 

 

Murder Most Foul

September 27, 2007

Na die skokkende moord van Brett Goldin en Richard Bloom verlede jaar het die Oscar wenner Jon Blair en die beroemde skrywer en akteur Antony Sher na Suid-Africa gekom om ‘n dokumentêr te maak oor hul moord en die geweld in die land.

http://www.sundaytimes.co.za/News/Article.aspx?id=565200

MNET het gisteraand hierdie dokumentêr vertoon en ek het weereens besef watter groot probleem misdaad in ons land is.  Nie dat ek heeltemal naive is nie, maar vir die eerste keer sedert ek na Suid-Afrika terug verhuis het in Desember 2006 het ek onveilig gevoel in my eie huis en gevrees vir wat met iemand na aan my kan gebeur.

Is hierdie dokumentêr net nog ‘n crimexposouthafrica wat kan veroorsaak dat meer toeriste/beleggers wegbly uit Suid-Afrika met die gevolg dat armoede vererger en as ‘n direkte gevolg misdaad ook vererger of sal dit die mense van die land laat saamstaan teen misdaad en sodoende druk op die regering plaas om iets aan die probleem te doen?

Is dit ‘n realiteit dat Apartheid werklik ons samelewing se siel so vergiftig het dat ons net geen respek meer vir ‘n lewe het nie en is dit wat ons nou ervaar deel van die Apartheid-babbelas? 

Ek verneem van ‘n onbetroubare bron dat die grootste persentasie van ons bevolking tussen 18 en 35 jaar oud is en dus groot geword het tydens die geweldadigste tyd van die Apartheid regering waar wetteloosheid aangemoedig is deur die struggle aktiviste om die land onregeerbaar te maak en moord aan en deur beide kante ‘n daaglikse gebeurtenis was.  Voeg hierby armoede en ‘n dwelm epidemie en jy kry wat ons nou mee sit, misdaad op ‘n skaal wat ons regering nie kan beheer nie en wat ons land nie kan bekostig nie.

Hoe gaan ons vorentoe en wat is die oplossing vir hierdie probleem?  Wat kan ek en jy daaraan doen? Dit kan tog nie so voort gaan nie. Om hoër mure te bou is nie ‘n lang termyn oplossing nie en so help dit ook nie om langs die braaivleis vuur te staan en kla nie.  Ons moet ‘n positiewe dialoog begin om gesamentlik ‘n oplossing vir die probleem te vind.