Top puntemaker in Wêreldbeker Geskiedenis!
Oktober 8, 2007
Johnny Wilkinson het Saterdag vir Gavin Hastings (227) verby gesteek as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis deur sy punte totaal van 222 op te skuif na 234* met sy 12 punte teen Australië.
Na die afgelope 4 jaar se beserings het baie van ons gewonder of ons hom ooit weer sal sien speel in ‘n wêreldbeker. Daar is nie ‘n ander speler in die wêreld wat na soveel beserings positief sou kon bly en weer kon terug kom om op internationale vlak te speel nie. Ek kan nie dink aan enige speler wat hierdie titel as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis meer verdien as Johnny Wilkinson nie. Hy is beslis die beste losskakel in wêreld rugby. Ja, selfs beter as die inconsistent king Carter.
Arise, Sir Johnny Wilkinson.**
* Nie uit nie, die semi finaal en moontlike finaal lê voor en dalk is Johnny nog met ons in 2011.
** Ek weet hy is slegs ‘n MBE, maar hy verdien ‘n ridderskap.
Suzie is alive and well…
Oktober 8, 2007
and working in a hotel in Cardiff.
For those who have forgotten Suzie can refresh their memory here: http://www.aru.rugby.com.au/news/all_blacks_poisoning_cover-up,9418.html
and for some interesting views on who to blame for their 2007 exit: http://www.keo.co.za/2007/10/08/kiwis-want-barness-blood/
Die enjinkamer van ‘n span
September 28, 2007
Ons almal weet dat ‘n goeie rugbyspan ‘n gebalanseerde span is. Dis beter om 15 gemiddelde spelers te hê as 10 goeies en 5 slegtes aangesien jy is net so sterk soos jou swakste speler. Kyk vir WP toe hulle amper die hele bok agterlyn gehad het!
Almal sal egter met my saamstem dat ‘n gebalanseerde span belangrik is, maar dat die regte speler in ‘n sleutel posisie die wedstryd vir jou kan wen. Die vraag is dus watter posisie is die belangrikste in ‘n rugbyspan? As jy na enige rugbyspan in die wêreld kyk wat suksesvol was is daar een posisie wat altyd ‘n wêreld klas speler in het, die slot.
Meeste van julle sou sê dis ‘n losskakel of ‘n senter of dalk ‘n agsteman, maar met ‘n goeie slot in die enjinkamer van jou span kan dit nie verkeerd gaan nie aangesien jy verseker sal wees van balbesit wat aan die einde van die dag is waaroor die spel gaan.
In my opinie is Bakkies Botha tans by verre die beste slot in die wêreld gevolg deur Victor Matfield en daarom gaan ons die Wêreldbeker wen.