Baie interesante artikels gelees wat deur Die Pienk Zuit gepost is in verband met die verskillede verkiesings sisteme waarna ons in die Suid-Afrikaanse politiese konteks kan kyk.

Ek is self ‘n groot voorstander/ondersteuner van Max du Preez, maar stem ook nie altyd met al sy opinies saam nie.  Hier stem ek egter 100% met hom saam. 

Ek dink ook dat die Presidensiele Kandidaat ‘n baie beter manier is om ‘n president te kies en so kan die hele land, ongeag hulle politieke oortuigings, besluit wie hulle as die president wil he.  Ek kan aan baie beter leiers in SA dink as Zuma of Mbeki, maar ons sal nou nie die voorreg he om hulle te sien as Polokwane gaan afloop soos meeste verwag nie.  Can the true leaders in this country PLEASE stand up!!

Die Constituency System is ook nie iets nuuts in SA nie en ons het daardie sisteem ‘n hele paar jaar terug gehad (voor meeste van ons se tyd – waarom dit laat vaar is weet ek nie).  Ek glo dis die enigeste manier vorentoe aangesien die proporsienele sisteem wat ons nou het glad nie deursigtigheid en verantwoording gestand doen nie.  As elke kandidaat aan sy eie “kiesafdeling” moet verantwoording gaan doen sal ons werklik “goverment for the people” sien en nie die huidige fat cat en buddy sisteem binne die hieragie van die onderskeie partye nie.  Onder hierdie sisteem sal floor crossing ook nie ‘n probleem wees nie aangesien die constituency verkiesing sommer kort na die floor crossing gehou kan word en indien die kiesers van ‘n lid van die parlement nie gelukkig is met sy floor crossing besluit nie dan stem hulle hom onmiddelik uit.  Sal die onderskeie lede baie mooi laat dink oor hul besluite…  Naas verantwoording is dienslewering die grootste probleem en indien ‘n lid van die parlement se lot afhang van hoe hard hy vir sy mense werk in plaas van wie sy vriende/familie is of was sal ons ‘n merkbare verskil sien in die omstandighede van die mense rondom ons wat dit werklik nodig het.

Hopelik sal die constituency system in ag geneem word vir 2009.

Murder Most Foul

September 27, 2007

Na die skokkende moord van Brett Goldin en Richard Bloom verlede jaar het die Oscar wenner Jon Blair en die beroemde skrywer en akteur Antony Sher na Suid-Africa gekom om ‘n dokumentêr te maak oor hul moord en die geweld in die land.

http://www.sundaytimes.co.za/News/Article.aspx?id=565200

MNET het gisteraand hierdie dokumentêr vertoon en ek het weereens besef watter groot probleem misdaad in ons land is.  Nie dat ek heeltemal naive is nie, maar vir die eerste keer sedert ek na Suid-Afrika terug verhuis het in Desember 2006 het ek onveilig gevoel in my eie huis en gevrees vir wat met iemand na aan my kan gebeur.

Is hierdie dokumentêr net nog ‘n crimexposouthafrica wat kan veroorsaak dat meer toeriste/beleggers wegbly uit Suid-Afrika met die gevolg dat armoede vererger en as ‘n direkte gevolg misdaad ook vererger of sal dit die mense van die land laat saamstaan teen misdaad en sodoende druk op die regering plaas om iets aan die probleem te doen?

Is dit ’n realiteit dat Apartheid werklik ons samelewing se siel so vergiftig het dat ons net geen respek meer vir ‘n lewe het nie en is dit wat ons nou ervaar deel van die Apartheid-babbelas? 

Ek verneem van ‘n onbetroubare bron dat die grootste persentasie van ons bevolking tussen 18 en 35 jaar oud is en dus groot geword het tydens die geweldadigste tyd van die Apartheid regering waar wetteloosheid aangemoedig is deur die struggle aktiviste om die land onregeerbaar te maak en moord aan en deur beide kante ‘n daaglikse gebeurtenis was.  Voeg hierby armoede en ‘n dwelm epidemie en jy kry wat ons nou mee sit, misdaad op ‘n skaal wat ons regering nie kan beheer nie en wat ons land nie kan bekostig nie.

Hoe gaan ons vorentoe en wat is die oplossing vir hierdie probleem?  Wat kan ek en jy daaraan doen? Dit kan tog nie so voort gaan nie. Om hoër mure te bou is nie ‘n lang termyn oplossing nie en so help dit ook nie om langs die braaivleis vuur te staan en kla nie.  Ons moet ‘n positiewe dialoog begin om gesamentlik ‘n oplossing vir die probleem te vind.