Murder Most Foul

September 27, 2007

Na die skokkende moord van Brett Goldin en Richard Bloom verlede jaar het die Oscar wenner Jon Blair en die beroemde skrywer en akteur Antony Sher na Suid-Africa gekom om ‘n dokumentêr te maak oor hul moord en die geweld in die land.

http://www.sundaytimes.co.za/News/Article.aspx?id=565200

MNET het gisteraand hierdie dokumentêr vertoon en ek het weereens besef watter groot probleem misdaad in ons land is.  Nie dat ek heeltemal naive is nie, maar vir die eerste keer sedert ek na Suid-Afrika terug verhuis het in Desember 2006 het ek onveilig gevoel in my eie huis en gevrees vir wat met iemand na aan my kan gebeur.

Is hierdie dokumentêr net nog ‘n crimexposouthafrica wat kan veroorsaak dat meer toeriste/beleggers wegbly uit Suid-Afrika met die gevolg dat armoede vererger en as ‘n direkte gevolg misdaad ook vererger of sal dit die mense van die land laat saamstaan teen misdaad en sodoende druk op die regering plaas om iets aan die probleem te doen?

Is dit ’n realiteit dat Apartheid werklik ons samelewing se siel so vergiftig het dat ons net geen respek meer vir ‘n lewe het nie en is dit wat ons nou ervaar deel van die Apartheid-babbelas? 

Ek verneem van ‘n onbetroubare bron dat die grootste persentasie van ons bevolking tussen 18 en 35 jaar oud is en dus groot geword het tydens die geweldadigste tyd van die Apartheid regering waar wetteloosheid aangemoedig is deur die struggle aktiviste om die land onregeerbaar te maak en moord aan en deur beide kante ‘n daaglikse gebeurtenis was.  Voeg hierby armoede en ‘n dwelm epidemie en jy kry wat ons nou mee sit, misdaad op ‘n skaal wat ons regering nie kan beheer nie en wat ons land nie kan bekostig nie.

Hoe gaan ons vorentoe en wat is die oplossing vir hierdie probleem?  Wat kan ek en jy daaraan doen? Dit kan tog nie so voort gaan nie. Om hoër mure te bou is nie ‘n lang termyn oplossing nie en so help dit ook nie om langs die braaivleis vuur te staan en kla nie.  Ons moet ‘n positiewe dialoog begin om gesamentlik ‘n oplossing vir die probleem te vind. 

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.