Sit bietjie vooma in jou Zuma!
December 7, 2007
Baie interesante artikels gelees wat deur Die Pienk Zuit gepost is in verband met die verskillede verkiesings sisteme waarna ons in die Suid-Afrikaanse politiese konteks kan kyk.
Ek is self ‘n groot voorstander/ondersteuner van Max du Preez, maar stem ook nie altyd met al sy opinies saam nie. Hier stem ek egter 100% met hom saam.
Ek dink ook dat die Presidensiele Kandidaat ‘n baie beter manier is om ‘n president te kies en so kan die hele land, ongeag hulle politieke oortuigings, besluit wie hulle as die president wil he. Ek kan aan baie beter leiers in SA dink as Zuma of Mbeki, maar ons sal nou nie die voorreg he om hulle te sien as Polokwane gaan afloop soos meeste verwag nie. Can the true leaders in this country PLEASE stand up!!
Die Constituency System is ook nie iets nuuts in SA nie en ons het daardie sisteem ‘n hele paar jaar terug gehad (voor meeste van ons se tyd – waarom dit laat vaar is weet ek nie). Ek glo dis die enigeste manier vorentoe aangesien die proporsienele sisteem wat ons nou het glad nie deursigtigheid en verantwoording gestand doen nie. As elke kandidaat aan sy eie “kiesafdeling” moet verantwoording gaan doen sal ons werklik “goverment for the people” sien en nie die huidige fat cat en buddy sisteem binne die hieragie van die onderskeie partye nie. Onder hierdie sisteem sal floor crossing ook nie ‘n probleem wees nie aangesien die constituency verkiesing sommer kort na die floor crossing gehou kan word en indien die kiesers van ‘n lid van die parlement nie gelukkig is met sy floor crossing besluit nie dan stem hulle hom onmiddelik uit. Sal die onderskeie lede baie mooi laat dink oor hul besluite… Naas verantwoording is dienslewering die grootste probleem en indien ‘n lid van die parlement se lot afhang van hoe hard hy vir sy mense werk in plaas van wie sy vriende/familie is of was sal ons ‘n merkbare verskil sien in die omstandighede van die mense rondom ons wat dit werklik nodig het.
Hopelik sal die constituency system in ag geneem word vir 2009.