Fear of commitment
Oktober 9, 2007
Suid-Afrikaners sukkel met ‘n “fear of commitment”.
Ons gebruik terme soos “ek is nou-nou daar” of “I’ll do it just now” wat albei beteken enige iets van 2 minute tot 3 dae. As jy “nownow” of “just now” in die UK gebruik beteken dit basies jy doen dit onmiddelik… Is ons laid back of kan ons net nie commit nie?
Ja, nee. Wat beteken dit? Stem jy saam of nie? Wat is jou opinie of is jy ‘n ewige draadsitter?
Laat my dink aan ‘n vriend van my wat so bang was vir commitment dat hy geweier het om ‘n selfoon kontrak uit te neem wat hom vir 2-jaar bind. Die ou was ‘n top investment banker met ‘n moerse salaris en vodacom pay-as-you-go…
Ek dink dis ‘n SA-mentaliteit wat op die een of ander stadium geërf of aangekweek is – môre is nog ‘n dag, en as jy nie môre lus is om dit te doen nie, dan is oormôre ook nog ‘n dag!
Hierdie mentaliteit wat sommige mense skaamteloos openbaar, dryf my teen die mure uit – soos ek dit sien … as ‘n taak afgehandel is, is dit mos klaar, en hoef jy nie weer daaraan te werk nie – so eenvoudig soos dit!! Jy kan dus aanbeweeg na die volgende een en ten minste jou salaris VERDIEN!
Sommige mense is net té ruggraatloos en lui om ‘n opinie te hê! Daarom dat hul eerder verkies om op die draad te sit – minder moeite – jy sien?
Lekker naweek vir jou!
Rx
Jy is baie stil?
Besig met eksamens, sal weer mid November terug wees. Mooi bly.
O my genade, sterkte dan vir jou! Ek glo dit sal voorspoedig gaan!!