Top puntemaker in Wêreldbeker Geskiedenis!
Oktober 8, 2007
Johnny Wilkinson het Saterdag vir Gavin Hastings (227) verby gesteek as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis deur sy punte totaal van 222 op te skuif na 234* met sy 12 punte teen Australië.
Na die afgelope 4 jaar se beserings het baie van ons gewonder of ons hom ooit weer sal sien speel in ‘n wêreldbeker. Daar is nie ‘n ander speler in die wêreld wat na soveel beserings positief sou kon bly en weer kon terug kom om op internationale vlak te speel nie. Ek kan nie dink aan enige speler wat hierdie titel as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis meer verdien as Johnny Wilkinson nie. Hy is beslis die beste losskakel in wêreld rugby. Ja, selfs beter as die inconsistent king Carter.
Arise, Sir Johnny Wilkinson.**
* Nie uit nie, die semi finaal en moontlike finaal lê voor en dalk is Johnny nog met ons in 2011.
** Ek weet hy is slegs ‘n MBE, maar hy verdien ‘n ridderskap.
Ek ken ‘n skoolvriendin van jou…
En ek verskil oor Johnny, hy het darem al vreeslik baie swak games beleef, Daniel Carter nie juis nie…
LOL, ek kies eerder vir Derrick Hougaard voor ek vir Johnny kies…
1. Ek sou nooit Derick Hougaard se naam in dieselfde asem as “beste losskakel in wêreld rugby” gebruik nie. Hy is nie ‘n wêreld klas losskakel nie en sal nooit wees nie.
2. Wêreldbeker punte – Carter is tans op 88 punte en Hougaard op 45. Carter sal nog kans he om te bou op sy totaal in 2011 en dalk 2015 as hy op 33 nog vir New Zealand speel, maar ek twyfel of Hougaard ooit weer ‘n punt gaan aanteken in Wêreldbeker rugby. Nie eers in 2011 nie. Nie een van hulle sal dus vir Johnny verbysteek nie. (Interesant dat Stransky (61 punte), De Beer (97 punte) en Hougaard almal net 5 wêreldbeker wedstryde gespeel het.)
3. ‘n Opinie oor wie die beste losskakel in die wêreld is, sal dus net dit wees, ‘n opinie. Selfs al dink jy dat Hougaard beter as Johnny is sal ek jou opinie respekteer. Carter het briljante rugby gespeel vir ‘n paar jare, maar was die laaste 2 jaar glad nie dieselfde speler nie en het ‘n heel paar swak wedstryde beleef. Hy is deesdae omtrent se consistent soos Michalak. Johnny Wilkinson het toets rugby begin speel op die ouderdom van 18jaar en het goeie en swak wedstryde gehad, maar hy was in my opinie die mees consistent en en mees complete losskakel in die wêreld, en is daarom in my opinie die beste.
Ek gee nie regtig om of Carter kan skop of nie … om hom net te SIEN skop is vir my goed genoeg!! Hehehe, girltalk!
DM, ek is jammer mater, maar hier stem ek saam met Raka, Derick is nie wêreldklas nie! En Johnny het ten minste al vir homself ‘n plekkie in Madama Tussauds losgeskop!! (En dit het heel waarskynlik absoluut NIKS met looks te doen nie!
Maar dis soos jy sê Raka, ‘n opinie sal maar altyd ‘n opinie bly!
My meisie verkies vir Pierre Spies bo enige ander rugbyspeler… (girltalk)