Fear of commitment

Oktober 9, 2007

Suid-Afrikaners sukkel met ‘n “fear of commitment”.

Ons gebruik terme soos “ek is nou-nou daar” of “I’ll do it just now” wat albei beteken enige iets van 2 minute tot 3 dae.  As jy “nownow” of “just now” in die UK gebruik beteken dit basies jy doen dit onmiddelik…  Is ons laid back of kan ons net nie commit nie?

Ja, nee.  Wat beteken dit?  Stem jy saam of nie? Wat is jou opinie of is jy ‘n ewige draadsitter?

Laat my dink aan ‘n vriend van my wat so bang was vir commitment dat hy geweier het om ‘n selfoon kontrak uit te neem wat hom vir 2-jaar bind.  Die ou was ‘n top investment banker met ‘n moerse salaris en vodacom pay-as-you-go…

Johnny Wilkinson het Saterdag vir Gavin Hastings (227) verby gesteek as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis deur sy punte totaal van 222 op te skuif na 234* met sy 12 punte teen Australië. 

Na die afgelope 4 jaar se beserings het baie van ons gewonder of ons hom ooit weer sal sien speel in ‘n wêreldbeker.   Daar is nie ‘n ander speler in die wêreld wat na soveel beserings positief sou kon bly en weer kon terug kom om op internationale vlak te speel nie.  Ek kan nie dink aan enige speler wat hierdie titel as die top puntemaker in wêreldbeker geskiedenis meer verdien as Johnny Wilkinson nie.  Hy is beslis die beste losskakel in wêreld rugby.   Ja, selfs beter as die inconsistent king Carter.

Arise, Sir Johnny Wilkinson.**

* Nie uit nie, die semi finaal en moontlike finaal lê voor en dalk is Johnny nog met ons in 2011.
** Ek weet hy is slegs ‘n MBE, maar hy verdien ‘n ridderskap.

Suzie is alive and well…

Oktober 8, 2007

and working in a hotel in Cardiff.

 For those who have forgotten Suzie can refresh their memory here: http://www.aru.rugby.com.au/news/all_blacks_poisoning_cover-up,9418.html

and for some interesting views on who to blame for their 2007 exit: http://www.keo.co.za/2007/10/08/kiwis-want-barness-blood/