Die enjinkamer van ‘n span
September 28, 2007
Ons almal weet dat ‘n goeie rugbyspan ‘n gebalanseerde span is. Dis beter om 15 gemiddelde spelers te hê as 10 goeies en 5 slegtes aangesien jy is net so sterk soos jou swakste speler. Kyk vir WP toe hulle amper die hele bok agterlyn gehad het!
Almal sal egter met my saamstem dat ‘n gebalanseerde span belangrik is, maar dat die regte speler in ‘n sleutel posisie die wedstryd vir jou kan wen. Die vraag is dus watter posisie is die belangrikste in ‘n rugbyspan? As jy na enige rugbyspan in die wêreld kyk wat suksesvol was is daar een posisie wat altyd ‘n wêreld klas speler in het, die slot.
Meeste van julle sou sê dis ‘n losskakel of ‘n senter of dalk ‘n agsteman, maar met ‘n goeie slot in die enjinkamer van jou span kan dit nie verkeerd gaan nie aangesien jy verseker sal wees van balbesit wat aan die einde van die dag is waaroor die spel gaan.
In my opinie is Bakkies Botha tans by verre die beste slot in die wêreld gevolg deur Victor Matfield en daarom gaan ons die Wêreldbeker wen.