Murder Most Foul

September 27, 2007

Na die skokkende moord van Brett Goldin en Richard Bloom verlede jaar het die Oscar wenner Jon Blair en die beroemde skrywer en akteur Antony Sher na Suid-Africa gekom om ‘n dokumentêr te maak oor hul moord en die geweld in die land.

http://www.sundaytimes.co.za/News/Article.aspx?id=565200

MNET het gisteraand hierdie dokumentêr vertoon en ek het weereens besef watter groot probleem misdaad in ons land is.  Nie dat ek heeltemal naive is nie, maar vir die eerste keer sedert ek na Suid-Afrika terug verhuis het in Desember 2006 het ek onveilig gevoel in my eie huis en gevrees vir wat met iemand na aan my kan gebeur.

Is hierdie dokumentêr net nog ‘n crimexposouthafrica wat kan veroorsaak dat meer toeriste/beleggers wegbly uit Suid-Afrika met die gevolg dat armoede vererger en as ‘n direkte gevolg misdaad ook vererger of sal dit die mense van die land laat saamstaan teen misdaad en sodoende druk op die regering plaas om iets aan die probleem te doen?

Is dit ’n realiteit dat Apartheid werklik ons samelewing se siel so vergiftig het dat ons net geen respek meer vir ‘n lewe het nie en is dit wat ons nou ervaar deel van die Apartheid-babbelas? 

Ek verneem van ‘n onbetroubare bron dat die grootste persentasie van ons bevolking tussen 18 en 35 jaar oud is en dus groot geword het tydens die geweldadigste tyd van die Apartheid regering waar wetteloosheid aangemoedig is deur die struggle aktiviste om die land onregeerbaar te maak en moord aan en deur beide kante ‘n daaglikse gebeurtenis was.  Voeg hierby armoede en ‘n dwelm epidemie en jy kry wat ons nou mee sit, misdaad op ‘n skaal wat ons regering nie kan beheer nie en wat ons land nie kan bekostig nie.

Hoe gaan ons vorentoe en wat is die oplossing vir hierdie probleem?  Wat kan ek en jy daaraan doen? Dit kan tog nie so voort gaan nie. Om hoër mure te bou is nie ‘n lang termyn oplossing nie en so help dit ook nie om langs die braaivleis vuur te staan en kla nie.  Ons moet ‘n positiewe dialoog begin om gesamentlik ‘n oplossing vir die probleem te vind. 

4 Responses to “Murder Most Foul”

  1. Dis nie ‘n oplossing nie, maar wel iets om in oorweging te neem.

    Nie alle probleme is van so ‘n aard dat hulle in ‘n enkele leeftyd opgelos(of self verbeter)gaan word nie.

    Jy het slegs ‘n enkele leeftyd.

    Maak die meeste van jou enkele leeftyd.

  2. rakadieondier said

    God grant me the serenity
    to accept the things I cannot change;
    courage to change the things I can;
    and wisdom to know the difference.

    Dink net meeste van die mense in hierdie land is happy met die serenity dat hulle niks kan verander nie en oorweeg nie eers die moontlikheid dat hul wel deel kan wees van die oplossing nie.

  3. ek sal nogal graag die dokkie wil sien…

  4. René said

    Hallo!… was lekker om jou in die blogosfeer raak te chat! Mag jou blog van krag tot krag gaan, ek geniet jou skrifsels!!

    Ek wens ek was die een of ander siener dat ek ook kon SIEN wat in die toekoms van ons mooi land gaan word! Ek het met my trippie Engeland toe eers werklik besef hoe “agter” ons is en by ‘n paar geleenthede ‘n paar simpatieke-ag-siestog-kyke gekry as ons met trots vertel ons is Suid Afrikaners!

    Daardie dokumenter het my ogies ook oopgemaak vir die omstandighede waarin sommige mense bly, en waar misdaad soms die enigste oplossing vir survival is!! Kinders wat hul tot dwelms wend omdat hulle nie liefde en aandag by die huis kry nie, maar aanvaarding by hul reeds “getikte” vriende as hulle swig onder groepsdruk! Dis vir my bitterlik sad om sulke goed te sien! Dis ‘n bose kringloop!

    Waar begin ‘n mens…? Charity begins at home … in jou eie gemeenskap! Wat doen ek en jy vir die gemeenskap in ons eie dorp/omgewing? Hoe help ons die proses aan om DEEL te wees van die oplossing om ONS land reg te ruk! Ek dink ons moet ophou vrae vra en kla en vingers wys na die regering – duidelik gee hulle nie om hoe ons voel nie!! Ai…*sug*

    Geniet jou daggie … ek sal weer inloer!!

Leave a Reply